Ontspan — ons dien jou aansoek in en stuur vir jou ‘n Bewys van Indiening.
Wat is NIE ingesluit nie (jy betaal dit apart)
SACE-aansoekfooi — word direk aan SACE betaal (ons wys jou hoe)
Opdateer of finale registrasie: R50
Eerste registrasie: R200
Polisieklaring (Afiswitch) — slegs as jy nie reeds een het nie
Laat skandeer deur ‘n Checknet-agent: R280
Indien daar nie ‘n Checknet agent naby jou is nie, kan jy SAPS toe gaan en die ink vorm vir ons stuur: R280
PostNet of soortgelyk: R350+
Het jy reeds ‘n geldige Afiswitch of SAPS 365 (minder as 6 maande oud)? Slaan hierdie stap oor — R0
Jaarlikse SACE Levy Fooi (word direk aan SACE betaal)
Waneer jy suksesvol by SACE registreer vra hul ‘n jaarlikse R198 fooi wat jy direk aan hul moet betaal sodat jou SACE status nie opgeskort word nie. Indien jou SACE status opgeskort is, sal ons instruksies vir jou stuur om die betaling te maak.
Nadat jy betaal het, sal jy binne 1 min twee e-posse kry:
Jou kwitansie
‘n PDF met jou dokument-kontrolelys en maklike stappe